1En Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.
2Hulle het toe vir Hom daar 'n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
3En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
4Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
5Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
6En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.
7Toe sê Jesus:
8
9En 'n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.
10En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,
11omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.
12Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,
13palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
14En Jesus het 'n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:
15Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van 'n esel.
16Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.
17En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.
18Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.
19En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.
20En daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op die fees te aanbid;
21hulle het na Filippus gegaan wat van Betsáida in Galiléa was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag sien.
22Filippus kom en sê dit vir Andréas, en Andréas en Filippus vertel dit weer aan Jesus.
23Maar Jesus antwoord hulle en sê:
24
25
26
27
28
29En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek.
30Jesus antwoord en sê:
31
32
33En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
34Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?
35En Jesus sê vir hulle:
36
37En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;
38sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?
39Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:
40Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
41Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.
42Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
43Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
44En Jesus het uitgeroep en gesê:
45
46
47
48
49
50