1En daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode.
2Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
3Jesus antwoord en sê vir hom:
4Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5Jesus antwoord:
6
7
8
9Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
10Jesus antwoord en sê vir hom:
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.
23En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
24Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
25Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 'n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.
26En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
27Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
28Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.
29Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
30Hy moet meer word, maar ek minder.
31Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
32En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.
33Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
34Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
35Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
36Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.