1Daarna het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan;
2en 'n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
3En Jesus het op die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.
4En die pasga, die fees van die Jode, was naby.
5Toe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat 'n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus:
6Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self geweet wat Hy wou doen.
7Filippus antwoord Hom: Brood vir twee honderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie.
8Een van sy dissipels, Andréas, Simon Petrus se broer, sê vir Hom:
9Hier is 'n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense?
10En Jesus sê:
11En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê.
12En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels:
13Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.
14Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.
15En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.
16En toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.
17En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle oor die see gevaar na Kapérnaüm; en dit was al donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.
18En die see was onstuimig, omdat 'n sterk wind gewaai het.
19En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.
20Maar Hy sê vir hulle:
21Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.
22Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
23Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
24Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.
25En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?
26Jesus antwoord hulle en sê:
27
28Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
29Jesus antwoord en sê vir hulle:
30En hulle sê vir Hom: Watter teken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?
31Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
32En Jesus sê vir hulle:
33
34Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.
35En Jesus sê vir hulle:
36
37
38
39
40
41Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het:
42En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan:
43En Jesus antwoord en sê vir hulle:
44
45
46
47
48
49
50
51
52Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?
53En Jesus sê vir hulle:
54
55
56
57
58
59Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het.
60En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
61En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle:
62
63
64
65En Hy sê:
66Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
67Toe sê Jesus vir die twaalf:
68En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
69En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God.
70Jesus antwoord hulle:
71En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.