1En daarna het Jesus in Galiléa rondgegaan, want Hy wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat die Jode probeer het om Hom dood te maak.
2En die fees van die Jode, die huttefees, was naby.
3Sy broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.
4Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
5Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.
6Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar.
7
8
9En nadat Hy dit aan hulle gesê het, het Hy in Galiléa gebly.
10Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim.
11En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: Waar is Hy?
12En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.
13Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode.
14En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.
15En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie?
16Jesus antwoord hulle en sê:
17
18
19
20Die skare antwoord en sê: U is van die duiwel besete; wie wil U om die lewe bring?
21Jesus antwoord en sê vir hulle:
22
23
24
25Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
26En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is?
27En hierdie man--ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie.
28Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê:
29
30Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
31Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
32Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.
33Toe sê Jesus vir hulle:
34
35En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
36Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het:
37En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê:
38
39En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
40Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.
41Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?
42Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?
43Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.
44En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
45Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
46Die dienaars antwoord: Nooit het 'n mens so gespreek soos hierdie mens nie.
47En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
48Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
49Maar hierdie skare wat die wet nie ken nie, is vervloek!
50Nikodémus--hy wat in die nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was--sê vir hulle:
51Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy doen?
52Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galiléa opgestaan het nie.
53En elkeen het huis toe gegaan.