1En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.
2En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.
3En die Satan het in Judas gevaar, wat Iskáriot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.
4Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.
5En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee.
6En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.
7En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.
8Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê:
9En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?
10En Hy antwoord hulle:
11
12
13En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.
14En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.
15En Hy sê vir hulle:
16
17En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê:
18
19Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê:
20Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê:
21
22
23Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.
24En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.
25En Hy het vir hulle gesê:
26
27
28
29
30
31En die Here sê:
32
33En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.
34Maar Hy antwoord:
35En Hy sê vir hulle:
36Toe sê Hy vir hulle:
37
38Hulle sê vir Hom: Here, kyk hier is twee swaarde. En Hy antwoord hulle:
39En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.
40En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle:
41En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid
42en gesê:
43En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.
44En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
45Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.
46En Hy sê vir hulle:
47En terwyl Hy nog spreek, kom daar 'n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen.
48En Jesus sê vir hom:
49En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?
50En een van hulle het die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap.
51Maar Jesus het geantwoord en gesê:
52Toe sê Jesus vir die owerpriesters en hoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het:
53
54En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.
55En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.
56En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.
57Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.
58En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.
59En ná verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galiléër.
60Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.
61En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het:
62En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
63En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.
64En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.
65En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek.
66En toe dit dag word, het die oudstes van die volk--die owerpriesters en skrifgeleerdes--vergader en Hom voor hulle Raad gebring
67en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle:
68
69
70En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle:
71Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.