1En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan
2en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.
3Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om 'n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.
4En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon:
5En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.
6En toe hulle dit gedoen het, het hulle 'n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.
7Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.
8En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige man!
9Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;
10en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon:
11En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg.
12En terwyl Hy in een van die stede was, kom daar 'n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.
13Daarop steek Hy die hand uit en raak hom aan en sê:
14Toe gee Hy hom bevel om dit
15Maar die gerug aangaande Hom is nog meer versprei, en groot menigtes het bymekaargekom om te luister en deur Hom van hulle siektes genees te word.
16Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid.
17En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.
18En daar het manne 'n mens wat verlam was, op 'n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit.
19En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus.
20En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom:
21En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?
22Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sê vir hulle:
23
24
25Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik.
26En verbasing het almal aangegryp, en hulle het God verheerlik en is met vrees vervul en het gesê: Ons het vandag ongelooflike dinge gesien.
27En ná hierdie dinge het Hy uitgegaan en 'n tollenaar met die naam van Levi by die tolhuis sien sit en vir hom gesê:
28En hy het alles verlaat en opgestaan en Hom gevolg.
29En Levi het 'n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was 'n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was.
30En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?
31En Jesus antwoord en sê vir hulle:
32
33Toe sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?
34En Hy sê vir hulle:
35
36En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel:
37
38
39