1En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
2En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
3en vir hulle gesê:
4
5
6En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
7Herodes, die viervors, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is; en hy was met die saak verleë, omdat deur sommige gesê is: Johannes is uit die dode opgewek;
8en deur ander: Elía het verskyn; en deur ander: Een van die ou profete het opgestaan.
9En Herodes het gesê: Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor? En hy het probeer om Hom te sien.
10En toe die apostels terugkom en Hom alles vertel wat hulle gedoen het, het Hy hulle saamgeneem en in die eensaamheid gegaan na 'n verlate plek van 'n stad met die naam van Betsáida.
11Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.
12Toe die dag begin daal, kom die twaalf na Hom en sê vir Hom: Stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe en buitewyke in die omtrek kan gaan en herberg en voedsel kry; want ons is hier in 'n verlate plek.
13Maar Hy sê vir hulle:
14Want daar was omtrent vyf duisend manne. Maar Hy sê vir sy dissipels:
15En hulle het dit gedoen en almal laat sit.
16Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.
17En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
18En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê:
19En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
20En Hy sê vir hulle:
21Toe gee Hy hulle 'n streng bevel en gebied hulle om dit aan niemand te vertel nie.
22En Hy sê:
23En Hy sê vir almal:
24
25
26
27
28En omtrent agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
29En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit.
30En daar was twee manne in gesprek met Hom; dit was Moses en Elía.
31Hulle het in heerlikheid verskyn en van sy uitgang gespreek wat Hy in Jerusalem sou volbring.
32En Petrus en die wat saam met hom was, was deur die slaap oorweldig. Maar toe hulle wakker word, sien hulle sy heerlikheid en die twee manne wat by Hom staan.
33En toe hulle van Hom weggaan, sê Petrus vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir Elía--hy het nie geweet wat hy sê nie.
34Maar toe hy dit sê, kom daar 'n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.
35En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!
36En nadat die stem gekom het, was Jesus daar alleen. En hulle het geswyg en aan niemand in daardie dae iets vertel van wat hulle gesien het nie.
37En op die volgende dag toe hulle van die berg afklim, kom 'n groot skare Hom tegemoet.
38En daar roep 'n man uit die skare en sê: Meester, ek bid U, kyk tog na my seun, want hy is my enigste.
39En kyk, 'n gees gryp hom, en meteens skreeu hy, en hy laat hom stuiptrekkings kry met skuim in die mond en gaan amper nie van hom weg nie en verniel hom.
40En ek het u dissipels gebid om hom uit te drywe, en hulle kon nie.
41Toe antwoord Jesus en sê:
42En toe hy nog aankom, skeur die duiwel hom en laat hom stuiptrekkings kry. Maar Jesus het die onreine gees bestraf en die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.
43En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:
44
45Maar hulle het hierdie woord nie verstaan nie, en dit was vir hulle bedek, sodat hulle dit nie sou begryp nie; en hulle was bang om Hom iets te vra oor hierdie woord.
46En daar het 'n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was.
47En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy 'n kindjie en laat dié by Hom staan
48en sê vir hulle:
49En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie.
50Maar Jesus sê vir hom:
51En toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis,
52en boodskappers voor Hom uit gestuur; en hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klarigheid te maak.
53En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was.
54En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?
55Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê:
56
57En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!
58Toe sê Jesus vir hom:
59En Hy sê aan 'n ander een:
60En Jesus sê vir hom:
61En 'n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
62En Jesus antwoord hom: