1En toe hulle naby Jerusalem kom, by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels uit
2en sê vir hulle:
3
4En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak.
5Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak?
6En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.
7En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.
8Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap takke van die bome af en strooi dit op die pad.
9En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
10Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!
11En Jesus het in Jerusalem gekom en in die tempel. En nadat Hy alles rondom bekyk het, en omdat dit al aand was, het Hy met die twaalf uitgegaan na Betánië.
12En die volgende dag, onderwyl hulle uit Betánië gaan, het Hy honger gehad;
13en toe Hy op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie.
14En Jesus spreek en sê vir hom:
15En hulle het in Jerusalem gekom; en toe Jesus in die tempel ingaan, begin Hy om die wat in die tempel verkoop en koop, uit te jaag; en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi;
16en Hy het niemand toegelaat om enige voorwerp deur die tempel te dra nie.
17En Hy het geleer en vir hulle gesê:
18En die skrifgeleerdes en die owerpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon ombring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare verslae was oor sy leer.
19En toe dit laat word, het Hy uitgegaan buitekant die stad.
20En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af.
21En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.
22Jesus antwoord en sê vir hulle:
23
24
25
26Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
27En hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl Hy in die tempel rondwandel, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge na Hom
28en sê vir Hom: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U dié gesag gegee om dit te doen?
29En Jesus antwoord en sê vir hulle:
30
31En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel--sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
32Maar as ons sê: Uit mense--dan was hulle vir die volk bang, want almal het gedink dat Johannes werklik 'n profeet was.
33En hulle antwoord en sê vir Jesus: Ons weet nie. En Jesus antwoord en sê vir hulle: