1En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.
2Maar hulle het gesê: Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien 'n oproer onder die volk kom nie.
3En toe Hy in Betánië was, in die huis van Simon, die melaatse, terwyl Hy aan tafel was, kom daar 'n vrou met 'n albaste fles met egte, baie kosbare nardussalf; en sy breek die albaste fles en gooi dit op sy hoof uit.
4En daar was sommige wat by hulleself verontwaardig was en gesê het: Waarvoor het hierdie verkwisting van die salf plaasgevind?
5Want dit kon vir meer as drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee geword het. En hulle het teen haar uitgevaar.
6Maar Jesus sê:
7
8
9
10En Judas Iskáriot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hom aan hulle oor te lewer.
11En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee. En hy het na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.
12En op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga kan eet?
13En Hy stuur twee van sy dissipels en sê vir hulle:
14
15
16En sy dissipels het gegaan en in die stad gekom en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het; en hulle het die pasga toeberei.
17En toe dit aand geword het, kom Hy met die twaalf.
18En terwyl hulle aan tafel was en eet, sê Jesus:
19Toe het hulle begin om bedroef te word en een vir een aan Hom te sê: Is dit miskien Ek? En 'n ander een: Is dit miskien ek?
20En Hy antwoord en sê vir hulle:
21
22En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê:
23Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle, en hulle het almal daaruit gedrink.
24En Hy sê vir hulle:
25
26En toe hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.
27Toe sê Jesus vir hulle:
28
29En Petrus sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie.
30Daarop sê Jesus vir hom:
31Maar hy het nog baie meer aangehou en gesê: Al moes ek saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook gesê.
32Toe kom hulle in 'n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels:
33En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.
34En Hy sê vir hulle:
35En toe Hy 'n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan.
36En Hy sê:
37En Hy kom en vind hulle aan die slaap en sê vir Petrus:
38
39Hy gaan toe weer weg en bid dieselfde woorde.
40En toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar; en hulle het nie geweet wat om Hom te antwoord nie.
41En Hy kom vir die derde keer en sê aan hulle:
42
43En dadelik, terwyl Hy nog spreek, verskyn Judas wat een van die twaalf was, en saam met hom 'n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge.
44En sy verraaier het 'n teken met hulle afgespreek en gesê: Die een wat ek sal soen--dit is Hy; gryp Hom en neem Hom met sekerheid weg.
45En toe hy kom, gaan hy dadelik na Hom en sê: Rabbi, Rabbi! en soen Hom.
46Daarop slaan hulle hul hande aan Hom en gryp Hom.
47En een van die wat daar gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.
48En Jesus antwoord en sê vir hulle:
49
50Toe het almal Hom verlaat en gevlug.
51En 'n sekere jongman met 'n linnedoek om sy naakte lyf het Hom gevolg; en die jongmanne het hom gegryp;
52maar hy het die linnedoek laat staan en naak van hulle weggevlug.
53En hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester. En al die owerpriesters en die ouderlinge en die skrifgeleerdes het by hom vergader.
54En Petrus het Hom van ver af gevolg tot binne-in die paleis van die hoëpriester, en het saam met die dienaars gesit en hom by die vuur warm gemaak.
55En die owerpriesters en die hele Raad het getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en hulle het niks gevind nie;
56want baie het vals teen Hom getuig en die getuienisse was nie eenders nie.
57En sommige het opgestaan en vals teen Hom getuig en gesê:
58Ons het Hom hoor sê:
59En selfs so was hulle getuienis nie eenders nie.
60Toe staan die hoëpriester in hul midde op en vra Jesus en sê: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U?
61Maar Hy het stilgebly en geen antwoord gegee nie. Weer stel die hoëpriester Hom die vraag en sê vir Hom: Is U die Christus, die Seun van die geseënde God?
62En Jesus sê:
63Toe skeur die hoëpriester sy klere en sê: Wat het ons nog getuies nodig!
64Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.
65En sommige het begin om op Hom te spuug en sy aangesig toe te maak en Hom met die vuis te slaan en vir Hom te sê: Profeteer! En die dienaars het Hom met stokke geslaan.
66En terwyl Petrus onder in die binneplaas was, kom daar een van die diensmeisies van die hoëpriester,
67en toe sy Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: Jy was ook by die Nasaréner, Jesus.
68Maar hy het dit ontken en gesê: Ek weet nie en begryp nie wat jy sê nie. En hy het buite na die voorplein gegaan; en die haan het gekraai.
69En toe die diensmeisie hom weer sien, begin sy aan die wat daar staan, te sê: Hierdie man behoort by hulle.
70Maar hy het dit weer ontken. En 'n bietjie later weer sê die wat daar staan vir Petrus: Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook 'n Galiléër en jou spraak is net so.
71Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken nie daardie man van wie julle praat nie.
72En vir die tweede keer het die haan gekraai; en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: