1En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring.
2En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
3En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.
4Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.
5Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!
6En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees.
7En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê:
8Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.
9En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê:
10En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom?
11En Jesus antwoord en sê vir hulle:
12
13Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.
14En toe hulle by die skare kom, gaan daar 'n man na Hom en val voor Hom op die knieë en sê:
15Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.
16En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.
17Toe antwoord Jesus en sê:
18Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.
19Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
20En Jesus antwoord hulle:
21Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.
22En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê:
23
24En toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?
25Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê:
26Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom:
27