Psalms 130:1-8 AFR1953 - Bible AI

1'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!

2Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

3As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

4Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

5Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

6My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.

7Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

8en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.