Psalms 43:1-5 AFR1953 - Bible AI

1Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!

2Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyand se verdrukking?

3Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,

4dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!

5Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof- die verlossing van my aangesig en my God!

1933, 1953 Bybelgenootskap van Suid Afrika.
/div>