Psalms 82:1-8 AFR1953 - Bible AI

1'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.

2Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela.

3Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.

4Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.

5Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel.

6Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste-

7nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val.

8Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.

1933, 1953 Bybelgenootskap van Suid Afrika.
/div>